Wat is genade hande?

Genade Hande Winkel is ‘n winkel waar lede van die publiek skenkings van tweedehandse goedere soos meubels, kombuisware, linne en klere, kan maak. Die Winkel ontvang skenkings en verkoop goeie kwaliteit items teen bekostigbare pryse aan lede van die publiek.

Op die manier word fondse vir welsyn projekte gegenereer. Die Genade Hande Winkel is in die lewe geroep in 2022. Die doel van Genade Hande Winkel is om deel te kan vorm van welsyn hulp projekte. Om hierdie rede versoek ons dat lede van die publiek wat voel dat hulle graag ‘n bydrae wil maak maar dit nie noodwendig deur finansiële bydraes kan doen nie, die Genade Hande Winkel sal ondersteun met skenkings van goedere of die aankoop van die gebruikte produkte vanuit die Genade Hande Winkel.

Persone in nood word eerste gratis gehelp met enige iets wat hulle uit die winkel nodig het. Ons ontvang uit genade deur die voorsiening van God en daarom moet ons eerste ‘n hand van genade uitreik na hulle wat in nood verkeer!

Hoe kan u help?

Is daar moontlik items, in ‘n goeie toestand, by jou huis wat in onbruik geraak het of dalk klere wat nie meer gedra word nie? Skenk dit gerus aan Genade Hande Winkel. Met jou items kan die Genade Hande Winkel soveel meer verrig en ander se lewens voordelig raak. Uit die fondse wat Genade Hande Winkel genereer, verleen Genade Hande Winkel hulp aan die gemeenskap. Jou skenkings is nie net skenkings nie, dit is ‘n genade hand wat ander se lewens kan raak.

Genade Hande Winkel word ondersteun deur Dei-Gratia Gemeente se Reach bediening. Ondersteun gerus ons inisiatief.

Kontak ons

Kontak persoon

Janine Boshoff
(c) 079 337 8564
(e) angeltjie.jf@gmail.com

Winkel tye

Ma. tot Vr: 08:00 – 17:00
Sat: 08:00 – 13:00
Son. & Publieke Vakansiedae: Gesluit

Adres

44 Lanham Street
Bronkhorstspruit
1020

error: Content is protected !!
Share This